Wednesday 11 May 2022

RSG: Reputasiebestuur van KrieketSA


Die uitgangspunt van die onderhoud is op hierdie artikel gebaseer: www.news24.com/sport/cricket/proteas/cricket-sa-drops-disciplinary-hearing-against-mark-boucher-no-basis-to-sustain-charges-20220510

Wat is die impak van so 'n saak teen 'n maatskappy of instansie?

Dit is nie die eerste keer dat Cricket SA in die sop beland nie. Daar is ‘n wolk van omstredigheid wat al ‘n ruk lank oor die instansie hang. En dit het verseker ‘n groot knou op hulle reputasie.

‘n Reputasie word gebou oor ‘n tyd perk. Dit gaan oor konsekwenteit.

Wanneer jou reputasie bevraagteken word, het dit ‘n groot impak op die besigheid of instansie. Jou reputasie beïnvloed met wie jy besigheid doen, en wie met jou besigheid wil doen.

 Mense wil geassosieer word met ‘n maatskappy met wie hulle kan resoneer;  met wie se waardes hulle kan aanklank vind.

As jy nie ‘n goeie reputasie het nie, dan gaan jy sukkel om goeie mense / borge / kliente / rolspelers te lok.

Ras is 'n teerpunt in SA, wat is jou raad as dit kom by 'n rasse kwessie wat by 'n instansie ontaaart en opgelos moet word?

Die kern van alles gaan oor respek.

Jy benodig 'n stel ononderhandel bare waardes wat rig wat jy sê en doen.

En dit begin met jou leierskap span.

Dit help nie om 'n stel waardes uit te dink wat goed klink by die jaarlikse strategiesessie, maar waarvan vergeet word gedurende die res van die jaar nie. Dit moet in die span se daaglikse lewe ingeburger wees, en dit begin by die leierspan wat die voorbeeld moet stel.

As jy vir KSA raad moes gee oor om verby hierdie krisis te beweeg wat sou dit wees?

My raad:

Net soos met enige maatskappy, vra jouself af, wat is ons visie? Wat is die visie vir ons reputasie?

Watter waardes moet ons in plek hê om daar uit te kom?

En baie belangrik, ontleed die leierskap span; leierskap ontwikkeling is van kardinale belang.

Sodra die onmiddellike krisis bedaar het, beveel ek ook sterk aan dat hulle belê om hul reputasie te meet. Hulle weet dat daar probleme is, maar dit sal hulle help om die prioriteitsfokusareas te identifiseer wat om eerste aan te pak.

Dikwels, wanneer 'n reputasie beskadig is, kan dit nogal oorweldigend wees oor waar om te begin om dit te herstel. As jy jou reputasie meet, sal dit jou lei. Dit kan ook areas beklemtoon wat jy dalk nie besef het ‘n probleem is nie.

‘n Geskende reputasie kan nie verbloem word met bemarking foefies nie, jy moet kyk na die kern van die maatskappy: leierskap / werknemers / waardes / beleide…

Wat kan hierdie saak die gewone man op straat leer?

Wat jy sê, en hoe jy dit sê, maak saak.

Respek is die kern van alles.

Ek hou daarvan om die gesondheid van jou reputasie te vergelyk met om fisies fiks en gesond te wees.

Wanneer jy fiks is, lok jy eendersdenkende mense; jy sluit aan by 'n gimnasium of sportsklub.

Jy stel vir jouself 'n doelwit, of dit nou is om 'n sekere afstand, spoed te bereik of om gewig te verloor

Jy het die regte toerusting nodig.

Jy moet konsekwent wees, jy kan nie net een keer om die blok hardloop en dink dit sal genoeg wees om jou fiks te maak nie.

Om fiks en gesond te wees, beteken nie dat jy nooit siek of beseerings sal opdoen nie, maar as jy doen, herstel jy baie vinniger as jy oor die algemmen fiks en gesond is.  

Jy moet jou vordering meet.

Die selfde met ‘n reputasie. As jy ‘n goeie reputasie het, lok jy mense met die selfde waardes en doelwitte. Dit neem tyd om te bou, en jy moet konseswent wees, jy kan nie net een persverklaring uistuur en dink dit sal die ding doen nie. ‘n Goeie reputasie beteken ook nie dat daar nooit ‘n krisis gaan wees nie, maar, as daar is, en jy het jou ‘reputasie stamina’ gebou, gaan jy dit baie makliker / beter hanteer as wanneer jy glad nie aandag daaraan gegee het nie. En, jy moet dit meet, is jy op die regte koers?

Skakel na die onderhoud.